Wraak-pornografie is ‘n vorm van tegnologies gedrewe seksuele geweld watmeer en meer plaasvind. Dit behels die aanlyn plasing van seksueel grafiese beelde en/of videos van ‘n ander persoon op openbare media platvorms soos Facebook. Navorsers aan die Universiteit van Kent het bevind dat ‘n unieke persoonlikheidsprofiel geïdentifiseer kan word by die meerderheid individue wat die gebruik daarvan onderskryf of wat hulself daaraan skuldig maak.
‘n Aanlyn-studie waaraan een-honderd persone tussen die ouderdomme van 18 jaar en 54 jaar deelgeneem het is gedoen om die geneigdheid tot wraak-pornografie te ondersoek. Die resultate het getoon dat 29% van die deelnemers waarskynlik aktief daaraan sou deelneem, en dat ‘n onrusbarende 99% ten gunste daarvan was sou hul liefdesvennoot hul in die steek laat. Sewe-en-tagtig persent het aangedui dat wraak-pornografie vir hulle vermaaklik en opwindend was.
‘n Positiewe korrelasie is gevind tussen ‘n groter gedragsgeneigdheid tot wraak-pornografie en hoër vlakke van die “donker drieklank”- ‘n rigting in die sielkunde wat fokus op die aanwesigheid van ‘n donker kwaadwillige kant in ‘n individu se persoonlikheidsamestelling, wat die volgende persoonlikheidstrekke insluit:
- Machiavellianisme – die geneigdheid om andere te manupileer en mislei om sodoende jou eie sin te kry;
- narsisme – ekstreme selfsug, uitermatige oorskatting van jou eie talente en ‘n ongekende behoefte aan bewondering; en
- psigopatie – antisosiale gedrag wat gekenmerk word deur ‘n gebrek aan empatie en berou en oordrewe egoisme;
Psigopatiese trekke soos inpulsiwiteit en ‘n gebrek aan empatie het die sterkste verband getoon met pornografiese oortredings met die oog daarop om wraak te neem.
Die navorsers het tot die gevolgtrekking gekom dat, self al sou meeste deelnemers aan die studie nie aktief aan wraak-pornografie deelneem nie, hulle aanvaarding toon vir die gebruik daarvan. Dit op sigself is betekenisvol indien in ag geneem word hoe omstanders die vinnige verspreiding van wraak-pornogarfiese materiaal fasiliteer.
Lewer kommentaar