Nuus Flitse

Fantasiespel bevorder kreatiewe denke

Is kinders wat fantasiespeletjies speel meer kreatief? Navorsers aan die Oxford Brookes Universiteit het die invloed van fantasiespeletjies op kinders se ontwikkeling ondersoek.  Hulle het vanaf die standpunt uitgegaan dat fantasiespeletjies verbeelding vereis, omdat die kind die wêreld anders as die realiteit moet kan waarneem.

Onderhoude is gevoer met 70 kinders tussen die ouderdomme van 4 en 8 jaar om te bepaal tot watter mate hull betrokke was by fantasiespel wat:

  • Die werklike lewe reflekteer, bv. ’n teepartytjie;
  • Gebeure reflekteer wat onwaarskynlik sou wees in die werklike lewe, bv om met ’n leeu te veg en te wen;
  • Gebeure reflekteer wat onmoontlik is, bv. om towenaar skool by te woon en met elwe te speel.

Die kinders moes ook drie kreatiewe take voltooi.

  • Eerstens moes hulle soveel goed as moontlik met ’n rooi kleur verbind;
  • Tweedens moes hulle soveel as moonlik maniere uitdink om van punt A na B oor die vertrek te beweeg;  en
  • Derdens moes hulle ’n ware en ’n voorgee persoon teken.

Soos wat die navorsers verwag het, het die kinders met die hoogste vlakke van fantasiespel ook die hoogste kreatiwiteit-tellings op die take behaal.

Dit bewys dat onrealistiese verbeelding-speletjies verband hou met kreatiwiteit.  Dit is egter nie duidelik of kinders wat meer in fantasiespel betrokke is, meer kreatief is en of kinders wat meer kreatief is geneig is om meer in fantasiespel betrokke te wees nie.  Wat wel duidelik is, is dat dit belangrik is om kinders aan te moedig om fantasie-speletjies te speel aangesien dit kreatiwiteit bevorder.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1