Ondanks oorvloedige bewyse dat gewigstoename baie meer omvattend is as net swak leefstylkeuses, word vetsug dikwels alleenlik aan verkeerde diëet en gebrekkige oefening toegeskryf. Hierdie simplistiese sienswyse versterk “gewigstigma”: vooroordeel of diskriminasie teen persone wat oorgewig is.
Gewigstigma affekteer ongelukkig nie net mense wat oorgewig is nie. Mense van alle liggaamstipes en groottes, self dié wie se gewig as “gesond” geklassifiseer kan word, word daardeur beïnvloed. Die sindroom word verder versterk deur die algemene voorkoms van “vet-grappe” en afbrekende beelde van oorgewig mense. ‘n Ontleding van TV sepies wys bv dat karakters wat oorgewig is meer negatiewe ervarings beleef, en minder vriende en romantiese verhoudings het, vergeleke met dié wat ‘n gesonde gewig handhaaf.
Die rol van die media
Oorgewig word oorwegend negatief in die media uitgebeeld. Koerante is geneig om vetsugtige individue te stigmatiseer en afbreek te doen aan hul menswaardigheid. Daar word gereeld berig oor die veroorsakende faktore waaroor jy self beheer kan uitoefen, soos diëet, terwyl faktore wat buite jou beheer is dikwels geïgnoreer word, bv groter porsies wat teen spesiale pryse aangebied word, voedsel formules en uitlokkende advertensies. In die Verenigde Koningkryk is bv bevind dat 98% van die artikels wat in koerante verskyn lesers oor faktore binne hulle beheer inlig, soos lewenstylkeuses en om meer aktief te wees. Hierdie artikels versterk diskriminerende en stigmatiserende houdings teenoor oorgewig mense, en stuur ‘n duidelike boodskap uit dat dit aanvaarbaar is om oorgewig mense negatief te beoordeel, aangesien hulle self verantwoordelik vir hul vetsugtigheid. In die realiteit is vetsug baie meer omvattend en ingewikkeld.
Wydverspreide stigma
Gewigstigma manifesteer op alle gebiede in die samelewing, insluitend onder meer die werksplek, skool en universiteit. Selfs hospitale is nie uitgesluit nie en mense is bv al van bariatriese behandeling uitgesluit om grond van hul gewig.
Hoe kan diskriminasie op grond van gewig oorkom word?
Gewigstigma kan versoorsaak dat regerings nie voldoende maatreëls instel om die groeiende wêreldwye oorgewigkrisis teen te werk nie. ’n Omgewing word benodig waar gesondheid vooropgestel word – waar vetsugtige persone vry is van stigma en individuele blaam – en dit kan alleenlik bereik kan word deur samewerking tussen die samelewing en die individue daarbinne.
Dit is bv belangrik dat weg beweeg word van afbrekende gewigsverwante beelde in die media. ‘n Goeie beginspunt is organisasies soos die Obesity Action Coalition en die European Obesity Association, wat begin het om nie-stigmatiserende beeldmateriaal vir gebruik deur joernaliste en die media beskikbaar te stel.- The Conversation
Lewer kommentaar