Nuus Flitse

Lae halslyn verseker vir jou daardie werksonderhoud

Twee vroue met feitlik identiese resumés het op ongeveer 400 werklike posadvertensies gereageer, om sodoende die invloed van hul profielfoto’s te evalueer. Hulle het bevind dat die kans vyf keer groter was dat ‘n onderhoud aan hulle toegestaan sou word indien hulle ‘n foto insluit van hulself met lae hals of in ander kleredrag wat hul bates ten toon stel.

Die studie in oor vyf jaar gedoen deur twee vroue wat  onderskeidelik as boekhoudster en in verkope gewerk het. Elk het vir 200 poste aansoek gedoen met baie soortgelyke resumés. Die enigste verskil was dat helfte van die resumés ‘n foto van hulle in konserwatiewe drag, en die ander helfte ‘n meer gewaagde foto, met lae hals,  ingesluit het.

Die ondersoek het verrassende resultate opgelewer. Gewaagde kleredrag het tot 62 meer onderhoude gelei vir verkoopsposte. Dit is vyf keer soveel as wat dieselfde resumé met konserwatiewe kleredrag ingebring het. Die vooroordeel het net so sterk by die aansoeke vir boekhoudingsposisies gefigureer – die lae hals het 68 meer aanbiedinge vir onderhoude verseker.

Luidens Dr Sevag Kertechian, studie-outeur en navorser aan die Paris-Sorbonne University, is dit baie interessant dat die lae hals die poswerwers selfs teenoor die boekhouposte bevooroordeeld ingestem het. Of die pos nou kantoorgebonde was of in die publieke oog was, die lae hals het voorkeur geniet.

Hierdie studie is voorgedra tydens die Appearance Matters 7 Conference, in Brittanje in 2016. Dit is egter nie ‘n nuwe begrip nie – net bevestiging van dit wat ons almal reeds vermoed het: hoe sterk seksistiese vooroordele steeds in die samelewing gevestig is. Dit word ook geïllustreer deur die term “erotic capital” wat in 2010 bekend gestel is deur Catherine Hakim, professor in die Sosiologie aan die London School of Economics, wat op die invloed van seksuele aantrekkingskrag wys, nie alleen in die slaapkamer nie, maar ook in die werksplek.   Meer navorsing en ‘n lang pad van opvoeding is nodig vir hierdie vooroordele om uitgewis te word.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1