Nuus Flitse

Waarom mense slimmer en langer word

Hoe meer divers die genes, hoe slimmer en langer is die indiwidu

Evolusie veroorsaak dat mense met meer gemengde genes slimmer en langer word. Dit beteken dat hoe meer onverwant hul ouers en voorsate aan mekaar is, hoe langer en slimmer sal die individue wees, en hoe hoër die vlak van hul kwalifikasies.  Tog, teenstrydig met wat tot nou toe geglo is, blyk diversiteit van genes nie ‘n noemenswaardige invloed uit te oefen op gesondheidsfaktore soos hoë bloeddruk of cholesterol vlakke en ander komplekse siektetoestande nie.

Navorsingstudie oor diverse genes:

Die genetiese inligting van meer as 350 000 mense, wat uit meer as ‘n 100 navorsingstudies verkry is, is vir die doel van hierdie studie gebruik.  Gevalle waar mense identiese genetiese kodes geëerf het van beide vaders- en moederskant is aangestip – ‘n aanduiding dat hul voorsate verlangs verwant was aan mekaar.  Hoe minder hierdie verksynsel by ‘n persoon voorgekom het, hoe groter was sy genetiese diversiteit en hoe skraler was die kans dat sy families aan vaders- en moederskante verwant was.

Teenstrydig met vroeëre bevindings in kleiner studies, is vasgestel dat die geneigdheid tot komplekse siektetoestande nie deur nabye familiebande geraak is nie.  Die enigste faktore wat beïnvloed is, is die geneigdheid om langer te wees en die vermoë tot flinker denke by persone met meer diverse genes, sowel as die vlak van hul opvoedkundige kwalifikasies.   Dit is dieselfde effek wat daarvoor verantwoordelik is dat wanneer neefs en niggies met mekaar trou, hul kinders geneig is om 1.2 cm korter te wees en gemiddeld 10 maande minder skoling ondergaan.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1