Nuus Flitse

Dit is amptelik: honde is slimmer as katte!

Dit is amptelik:  honde is slimmer as katte!  Dit gaan oor die  hoeveelheid neurone in hulle brein: die grys selle wat verband hou met denke, beplanning en komplekse gedrag, wat kenmerkend is van intelligensie.

Vir die eerste keer ooit, tydens hierdie studie, is ‘n opname gemaak van die aantal neurone in die breine van karnivore, katte en honde ingesluit. Die resultate bevestig dat honde oor beduidend meer neurone beskik as katte.

Karnivore bestaan uit ‘n groep soogdiere wat karnivore, omnivore en herbivore insluit, mak sowel as wilde spesies, met breingroottes wat wissel van groot tot klein.  Karnivore, wat onder andere katte, hiënas en leeus insluit, handhaaf ongeveer dieselfde verhouding tussen korteks massa en die aantal neurone waaroor hulle beskik. Karnivore wyk egter op een belangrike gebied af van die algemene verhouding tussen ‘n groter liggaamsgrootte, groter kortikale massa en ‘n groter aantal kortikale neurone: dit is net van toepassing op klein tot mediumgrootte spesies, nie groter as honde nie.

Die navorsers het bevind dat honde oor ongeveer 530 miljoen kortikale neurone beskik, terwyl katte net 250 miljoen het. Dit kan vergelyk word met ongeveer 16 biljoen in die menslike brein. Luidens die navorsers bepaal die aantal neurone waaroor diere beskik, veral neurone geleë in die serebrale korteks, die rykheid van hul interne geestesprosesse en hul vermoë om gebeure in hul omgewing te antissipeer, op grond van hul vorige ervaring. Die bevindings dui daarop dat honde biologies in staat is tot veel meer komplekse en buigsame handelinge as katte.

Die navorsers, wat Professor Paul R Manger van die Universiteit van die Witwatersrand in Suid-Afrika insluit, het op karnivore besluit vanweë hul groot verskeidenheid en die omvang van hul breingroottes, sowel as die feit dat hulle mak sowel as wilde diere insluit. ‘n Analise is gemaak van een of twee monsters van die breine van elk van agt karnivoor spesies: die krimpvarkie, wasbeer, ratel, kat, hond, hiëna, leeu en bruin beer.

Die navorsers het verwag dat die breine van die karnivore oor meer neurone sal beskik as die herbivore op wie hulle jag maak, aangesien jag vanuit ‘n kognitiewe oogpunt meer uitdagend is as die herbivore se primêre strategie om veiligheid te verseker deur hul getalle te verhoog. Dit was egter nie die geval nie. Die verhouding van neurone en briengrootte in klein en mediumgrootte karnivore was ongeveer dieselfde as dié van die herbivore, wat impliseer dat daar vanuit ‘n evolusionêre oogpunt net soveel druk op die herbivore is om breinkrag te ontwikkel om van hul jagters te ontsnap, as op die karnivore om hulle te vang. Die neuron-tot-brein verhouding van die grootste karnivore was, om die waarheid te sê, eintlik laer. Die goue apporteerhond het bv meer neurone as die hiëna, leeu of bruin beer, al was die grootste roofdiere se breine tot drie keer groter. Die beer is ‘n ekstreme voorbeeld – sy brein was 10 keer groter as dié van die kat, maar bevat omtrent dieselfde aantal neurone.

Die brein is ‘n besonder duur orgaan in terme van energieverbruik, en sy behoeftes is proporsioneel tot die aantal neurone waaroor dit beskik. Die brein benodig deurgaans energie. Gevolglik beperk die kwantiteit van die vleis wat groot roofdiere kan doodmaak en opeet en die aard van die voedingsproses hul breinontwikkeling.

Die studie weerspreek ook die heersende siening dat mak diere kleiner breine het as wilde diere.  Die verhouding van breingrootte tot liggaamsmassa van die mak diere wat hulle ondersoek het (katte, honde en krimpvarkies) het nie beduidend verskil van dié van die relatief wilde diere (die hiëna, meerkat, bruin beer, leeu en  wasbeer) nie.

Die studie het ook gewys dat die wasbeer ‘n uitskieter was wat breinkrag aanbetref: hy het oor dieselfde aantal kortikale neurone as honde beskik, terwyl sy brein die grootte van ‘n kat s’n was. Sy klein brein beskik dus oor dieselfde hoeveelheid neurone as primate – en dit is baie!

Die studie van breine van verskillende spesies wys dat geweldige groot diversiteit voorkom. Geen twee spesies is presies dieselfde nie. Herkenbare patrone kan wel geïdentifiseer word maar daar is groot verskille in breinsamestellings en verskillende  breine funksioneer op baie diverse wyses.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1