Nuus Flitse

Genes bepaal helfte van opvoedkundige prestasie

Genes bepaal helfte van sosiaal-opvoedkundige mobiliteit of opvoedkundige prestasie , en omgewing die ander helfte. Die opvoedkundige prestasie van ouers is een van die beste voorspellers vir die  opvoedkundige uitkomste wat hul kinders waarskynlik sal bereik. Tradisioneel is hierdie verskille toegeskryf aan omgewingsfaktore, soos sosio-politieke beperkings wat sosiale ongelykheid te weeg bring, eerder as aan oorewering.  Hoër gekwalifiseerde ouers het bv meer toegang tot akademiese en sosiale hulpbronne en hulle bied dus beter geleenthede aan hul kinders as laag gekwalifiseerdes, was die redenasie. Daar is nou egter bevind dat kinders se sosiaal-opvoedkundige  mobiliteit tot ‘n baie groot mate deur genes bepaal word, en dat ooreflikheid 50 % van die verskille in opvoedkundige vlak kan verklaar.

‘n Steekproef van die data van meer as 6000 gesinne met tweelinge en 5800 onverwante individue, soos gemeet tydens King’s College London se navorsingstudie oor die vroeë ontwikkeling van tweelinge, is tydens hierdie studie gebruik om genetiese invloede op opvoedkundige prestasie te bepaal. Die navorsers het vier katergorieë van sosiaal-opvoedkundige mobiliteit onderskei:

  • Afwaartse beweging: kinders wat nie A-vlak opleiding voltooi het nie, maar wat grootgeword het in ‘n huis waar ten minste een ouer universiteitsopleiding ondergaan het;
  • Opwaartse mobilieteit: kinders wat A-vlak opleiding voltooi het, maar wat opgegroei het in ‘n ouerhuis waar geen van die ouers universiteitsopleiding ondergaan het nie;
  • Stabiel opvoedkundig: kinders wat A-vlak opleiding voltooi het en grootgeword het in ouerhuise waar ten minste een ouer universiteitsopleiding ondergaan het;
  • Stabiel nie-opvoedkundig: kinders wat nie A-vlak opleiding voltooi het nie en wat grootgeword het in ouerhuise waar geen ouer universiteitsopleiding ondergaan het nie.

Tydens hierdie studie is genoomwye poligeniese meting as alternatiewe metingsmetode aangewend om genetiese invloede op sosiaal-opvoedkundige mobiliteit te meet, deur mense se DNS-merkers vir opvoedkundige prestasie te ondersoek.  Hierdie metode, wat dit moontlik maak om onverwante individue se sterk- en swakpunte dvm van die meting van hul DNS te bepaal, word allerweë as ‘n grensverskuiwende deurbraak in genetiese sielkundige navorsing beskou.

Die navorsers het bevind dat genetiese invloede verantwoordelik was vir ongeveer 50% van die verskille in opvoedkundige kwalifikasies tussen generasies.  Opvoedkundige uitskomste vir ouers en hul kinders is dus ewe afhanklik van genetiese as omgewingsinvloede.

Die resultate het verder gewys dat kinders met hoër poligenetiese tellings A-vlak opleiding voltooi het, selfs wanneer hulle afkomstig was uit gesinne waar geen van die ouers universiteitsopleiding ondergaan het nie. Die tendens van sommige individue wat gebore word in sosiaal benadeelde gesinne, om bo hul omstandighede uit te styg, kan dus tot ongeveer 50% aan genes toegeskryf word.

Die hoogste poligenetise tellings het voorgekom by ‘Stabiel opvoedkunige’ gesinne en die laagste by ‘stabiel nie-opvoedkundige gesinne’. Gemiddelde telling is gevind by opvoedkundig afwaarts- en opwaarts-bewegende gesinne.

Die rol van ouers se opvoedkundig vlak op kinders se opvoedkundige uitkomste is tot nou toe gesien as versooraak deur omgewingsfaktore. Die huidige studie wys egter dat daar ‘n sterk genetiese komponent aanwesig is. Ten minste 50% van die verskille tussen gesinne wat sosiaal mobiel is teenoor dié wat nie is nie kan aan genes en oorerwing toegeskryf word.  Indien opvoedkundige ongelykheid dus aangespreek moet word, is dit belangrik om na kinders se genetiese aanleg vir opvoedkundige prestasie te kyk. Sodoende kan diegene wat baat sal vind by meer ondersteuning, geïdentifiseer word.

‘n Belangrike implikasie van hierdie studie is dat die  ooreenstemming in opvoedkundige kwalifikasies tussen ouers en hul kinders ‘n indeks van gelykheid eerder as ongelykheid verteenwoordig. Dit is omdat oorerwingsskattings aandui tot watter mate genetiese verskille verklarend kan wees tov verskille in die waarneembare karakterteienskappe van individue in ‘n bepaalde gemeenskap, met sy bepaalde mengsel van genetiese- en omgewingsinvloede. Namate omgewings geleenthede binne daardie samelewing verbeter, word genetiese invloede gemaksimaliseer, sodat opvoedkundige prestasie toenemend ‘n funksie word van individuele karaktertrekke en al minder van sosiale toestande.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1