Nuus Flitse

Vrygewigheid maak jou gelukkiger

Net ‘n klein bietjie vrygewigheid maak jou reeds ‘n gelukkiger mens!

Navorsers het bevind dat vrygewigheid mense gelukkiger maak.  Dit is ook nie nodig om vrygewigheid tot buitensporige uiterstes te neem nie – net ‘n skrale bewys van vrygewigheid laat reeds die vlakke van geluk toeneem. Selfs net  die belofte om meer vrygewig te wees is alreeds genoeg om breinveranderinge te weeg te bring, wat tot groter geluk lei.

Gedurende die studie is breinskanderings en ‘n openbare belofte vir toekomstige vrygewigheid gebruik om die breinmeganismes te ondersoek wat vrygewigheid met ‘n toename in geluk skakel. Die deelnemers moes belowe om gedurende die daaropvolgende vier weke geld te spandeer op andere (die eksperimentele groep), of op hulself (kontrole groep). Deelnemers aan die eksperimentele groep het meer vrygewigheid openbaar tydens ‘n onafhanklike besluitnemingsproses, en hulle het ook ‘n groter toename getoon in selfgerapporteerde gevoelens van geluk. Hul vrygewigheid het ook tot meer aktiwiteit in die ventriale striatum gely, ‘n strategiese breinarea waar geluk ervaar word.

Dit is geensins nodig om ‘n selfopofferrende martelaar te wees om gelukkig te voel nie. Net ‘n klein bietjie meer vrygewigheid is voldoende. Breinskanderings het gewys dat selfs net die voorneme om meer vrygewig te wees tot meer aktiwiteit in die ventriese striatum gelei het. Dit is  merkwaardig dat voorneme alleen breinveranderinge kan veroorsaak, selfs voordat dit nog geïmplimenteer is. Beloftes van vrygewigheid kan as ‘n strategie ingespan word om die gedrag te versterk, aan die een kant, en om mense gelukkiger te laat voel, aan die ander kant.

Sekere vrae bly egter steeds onbeantwoord, bv of die invloed behoue sal bly indien ‘n persoon net vrygewig optree omdat hy gelukkig wil voel? Verdere navorsing is nodig om meer duidelikheid te verkry. – Psyblog

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1