Nuus Flitse

Lyfstraf nadelig vir kinders

Daar word jare reeds daaroor gedebateer of lyfstaf goed is vir kinders, of hulle skade berokken.   Lyfstraf hou luidens die navorsers dieselfde gevolge vir die kind in as om aan fisieke mishandeling onderwerp te word. Ook kom geestesafwykings en verstandelike probleme meer gereeld voor by kinders aan wie lyfstraf toegedien word.

Volgens  Dr Elizabeth Gershoff, hoofouteur van die studie, verwys “lyfstraf” in die studie na straf wat deur meeste mense as ‘n gewone pak slae gesien sal word, en nie as mishandeling nie. Steeds het die navorsers bevind dat dit potensiëel vernietigende gevolge inhou, al is dit hoegenaamd nie die bedoeling van die ouers nie. Pakslae word vir die doel van die studie gedefinieer as ‘n plathand klap op die ledemate of die sitvlak.

Mede-outeur van die studie, Dr Andrew Grogan-Kaylor, sê dat die bevindings wys dat lyfstraf, of pakslae soos wat algemeen daarna verwys word, vele negatiewe gevolge vir kinders kan inhou. Die resultaat daarvan is die teenoorgestelde as wat ouers hoop om te bereik. Ouers wat tydens hul kinderjare pakslae gekry het is ook meer geneig lyfstraf van hul eie kinders goed te keur. Dit is een van die wyses waarop die gewoonte van geslag tot geslag voortgesit word.

Ondanks die feit dat daar baie wetenskaplike bewyse bestaan van die sielkundig nadelige invloed van lyfstraf, ontvang ongeveer 80% van alle kinders steeds pakslae. Dr Gershoff stel dit dat lyfstraf en fisieke mishandeling volgens samelewingsnorme twee verskillende entiteite is. Tog wys navorsing dat lyfstraf dieselfde negatiewe resultate baar as mishandeling, hoewel in ‘n effens ligter graad.

Die navorsers hoop dat hierdie studie sal bydra om ouers op te voed omtrent die potensieel skadelike invloed van lyfstraf.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1