Nuus Flitse

Jou fisieke aantreklikheid word gemeet aan die mense rondom jou!

As jy wil he mense moet dink jy is mooi, omring jouself met minder mooi mense!

Navorsers het bevind dat aantreklikheid ‘n relatiewe begrip is, wat wissel na gelang van die aantreklikheid van diegene rondom jou.’n Persoon wat nie besonder aantreklik is nie word as meer aantreklik beoordeel wanneer hy of sy in die geselskap van onaantreklike mense is.

Volgens studie-outeur Nicholas Furl is dit ‘n feit dat voorkoms ‘n sterk invloed uitoefen op hoe andere ‘n persoon waarneem. Die moderne samelewing is behep met skoonheid en aantreklikheid.  Op watter gronde hierdie kenmerke gemeet word is egter nog onduidelik. Tot onlangs is geglo dat skoonheid konsekwent beoordeel word – as ‘n persoon vandag vir jou mooi is, gaan jy hom more steeds as mooi beskou.  Furl se navorsing toon egter dat die mense in wie se geselskap jy jou bevind, ‘n invloed uitoefen op hoe aantreklik jy gesien word.

Die deelnemers aan Furl se studie moes beoordeel of hulle die persone op ‘n reeks gesigfoto’s as aantreklik of onaantreklik gesien het. “Afleierfoto’s” is terselfdertyd getoon, wat soms meer en soms miinder aantreklik was. Furl het bevind dat die “afleierfoto’s” die verskil tussen aantreklike en onaantreklike mense geaksentueer het, sodat die deelnemers aan die studie meer kieskeurig geword het ten opsigte van hul beoordeling. Hierdie konsep word dikwels in tienerflieks of romantiese komedies gesien, waar die karakter ‘n minder aantreklike persoon bevriend, om sodoende sy eie “markwaarde” te verhoog.

Dit is dus duidelik: ons siening van skoonheid en aantreklikheid is nie onveranderlik nie en word deur baie veranderlike beïnvloed. Meer navorsing is egter nodig aangesien ons nogmaals hier te doen het met ‘n ingewikkelde area van menslike interaksie.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1