Nuus Flitse

Bepaal genes van watter kosse jy hou?

Waarom hou mense aan om kos te eet wat nie met hulle akkodeer nie? Die antwoord lê heel waarskynlik in geen-variante wat die werking van die brein beïnvloed, aldus ‘n nuwe navorsingstudie aan die Universidad Autonoma de Madrid.

‘n Ingewikkelde wisselwerking tussen genes en die omgewing, sowel as kulturele en sosiale faktore beheer voedselvoorkeure.  Wanneer iemand  nuwe eetgewoontes moet aanleer is dit daarom baie belangrik om genetiese en omgewingsfaktore in berekening te bring, veral wat betref die sielkundige komponent van voedselinname met die doel om langtermyn veranderinge te weeg te bring.

Die bevindings is voorgelê deur Silvia Berciano tydens die Amerikaanse Vereniging van Voedselwetenskappe se Eksperimentele Biologie Kongres, 2017. Luidens Berciano vind meeste mense dit baie moeilik om hul eetgewoontes te verander, selfs al weet hulle dit is in hul eie beste belang. Dit is omdat breingenes eetgewoontes en voorkeure beïnvloed, en hierdie is die eerste studie wat wys hoe dit gebeur.  Vorige navorsing het wel al genes uitgewys wat verband hou met eetversteurings soos bulimia en annoreksie, maar min is nog bekend oor hoe dit die eetgewoontes van gesonde mense beïnvloed.

Geenvariansie is die gevolg van subtiele verskille in die gene van verskillende mense, wat daartoe bydra dat elke individu ‘n unieke persoon is. Die navorsers het die geenvariante van 818 mans en vrouens van Europese afkoms ondersoek en bevind dat dit ‘n betekenisvolle rol gespeel het by voedselkeuses en -voorkeure. ‘n Sekere vorm van die oksitose-reseptor-geen is bv gevind my mense wat meer sjokolades eet en ‘n groter middelmaat het terwyl genes wat met vetsug verband hou ‘n rol gespeel het by groente en veselinname. Ander genes het weer sout en vetinname beïnvloed.

Die nuwe bevinding kan gebruik word om persoonlike diëetriglyne daar te stel sodat elke persoon se risiko om siektes soos diabetes en kanker op te doen tot ‘n minimum beperk word. Dit kan ook beter begrip vestig tov eetgewoontes wat ‘n hoër mate van sukses sal waarborg wanneer diëetaanpassings gedoen moet word.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1