Nuus Flitse

Laat vreemdeling eerder jou Facebook profielfoto kies!

Ons leef in ‘n era waar meeste mense ‘n aanlyn-teenwoordigheid het en ander persone maak outomaties hul eie afleidings wanneer hulle onbekende foto’s op die net sien. Eerste indrukke op grond van profielfoto’s kan blywende gevolge hê in terme van vriendksapskeuses of werksaanstellings. Navorsers het nou bevind dat ‘n ander persoon ‘n  aantrekliker profielfoto’s vir jou sal kies as wat jyself sal kies.

Ongeveer ‘n derde van alle werkgewers raadpleeg die Internet vir inlligting alvorens hulle nuwe aanstelling doen.  Helfte van alle Britse volwassenes wat graag in verhoudings betrokke wil raak, sal aanlyn-afspraaknetwerke kontak. En 1.79 biljoen mense wêreldwyd het aktiewe facebook profiele. Gevolglik maak ons gedurig eerste-indruk afleidings op grond van webfoto’s, hetsy of dit in romantiese, professionele of sosiale konteks geskied. Die foto’s wat gekies word om ons aan-lyn te verteenwoordig – profielfoto’s – bied ‘n belangrike skakel tussen ons aan-lyn en af-lyn persona’s. Daar is reeds bevind dat hierdie indrukke verreikende gevolge kan hê in die werlike lewe, buite die virtuele wêreld van die Internet.

Navorsers aan die Universiteit van New South Wales, Sydney, Australië, het bevind dat foto’s wat deur vreemdelinge gekies is beter eerste indrukke oordra as foto’s wat deur die persone self gekies is. Hierdie bevinding is teenstrydig met vorige resultate wat getoon het dat mense geneig is om hulself gunstiger uit te beeld.

Volgens Dr David White, hoofouteur van die studie, wys die resultate dat mense geneig is om swak keuses te maak wanneer hulle komplimenterende foto’s van hulself kies vir aan-lyn profielfoto’s, wat ander mense se persepsie van hulle negatief kan beïnvloed. Dit kan verreikende gevolge hê in terme van aan-lyn interaksies, die indrukke wat mense van hulle vorm en besluite wat op grond van die foto’s geneem word, soos werksaanstellings, afsprake en selfs om vir iemand te stem.

Vorige navorsing het getoon dat mense binne ‘n breukdeel van ‘n sekonde afleidings maak oor ‘n persoon se karakter en persoonlikheid wanneer hulle ‘n gesigfoto sien. Die resultate van hierdie studie het dus duidelike praktiese implikasies: as jy gunstig beoordeel wil word, vra iemand anders om jou profielfoto te kies.

Die navorsers het 102 studente gevra om die twee foto’s te kies uit twaalf foto’s van hul eie gesigte, wat hulle as die mees en minste geskik geag het as profielfoto’s vir drie aan-lyn netwerke: ‘n sosiale netwerk, ‘n afspraaknetwerk en ‘n professionele netwerk. Die deelnemers is toe gevra om dieselfde te doen met twaalf foto’s van ‘n vreemdeling wat voorheen aan die studie deelgeneem het. Die navorsers het bevind dat die fofo’s wat die deelnemers vir die vreemdelinge gekies het, toepaslik was vir die verskillende netwerke en positiewe indrukke ontlok het: afspraak foto’s was aantrekliker en professionele foto’s het bekwamer voorgekom. Die foto’s wat hulle van hulleself gekies het het egter ‘n minder gunstige indruk op vreemdelinge gemaak.

Luidens Dr White is meer navorsing nodig om te bepaal watter meganismes mense se keuses onderlê en om uit te vind waarom mense se vermoë om vleiende foto’s van hulself te kies, so beperk is.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Gaan Terug
UA-87163025-1