Nuus Flitse

Is jy ‘n naguil? Dit kan geneties wees.

Is jy ‘n naguil vir wie dit ‘n ewigdurende stryd is om vroeg op te staan? Jy kan moontlik die slagoffer wees van geen mutasies wat dit vir jou onmoontlik maak om vroeg te gaan slaap en vroeg op te staan.

Sirkadiese ritmes verwys na jou liggaam se interne horlosie wat daaglikse veranderinge monitor in ‘n 24-uur siklus. Wanneer sirkadiese ritmes versteur word kan dit slaappatrone omver gooi en tot slaapversteurings lei. Vertraagde-slaapversteuring is die mees algemene sirkadiese  slaapversteuring en word daardeur gekenmerk dat die persoon eers later vaak word as wat samelewings-norms vereis, met die gevolg dat hy dan weer sukkel om op te staan op tye soos deur algemene norme voorgeskryf. Tussen 0.2 en 10% van die wêreldbevolking ly daaraan.

Navorsers aan die Rockefeller Universiteit het nou vasgestel dat ‘n variant van die CRY1-Geen sikardiese ritmes stadiger maak. Mense met die naguil-variant van hierdie geen word daarom later eers vaak. Hulle ly aan slapeloosheid en soms ook aan narkolepsie (‘n toestand wat veroorsaak dat hulle deur die dag elke nou en dan die begeerte ervaar om te slaap, of dat hulle tydens gesprekke of wanneer hulle bestuur aan die slaap kan raak). Hierdie slaapversteuring tesame met die gebrek aan voldoende slaap wat daarmee saamgaan kan chroniese siektes veroorsaak soos diabetes, oorgewig en depressie. Die persone word gedwing om wakker te word voor hul biologiese horlosie hulle wakker maak en hulle voel dus gedurig moeg.

Die navorsingstudie is gedoen in samewerking met die Weil Cornell Mediese College. Deelnemers is gevra om vir ‘n periode van twee weke in ‘n laboratorium wooneenheid tuis te gaan waar hulle afgesonder is van enige riglyne tov die tyd van die dag, en kon slaap en eet wanneer ookal hulle wou. Huidselle is ook van hulle geoes.

Meeste mense wat in so ‘n opset geplaas word handhaaf naastenby ‘n 24-uur tydskedule. Mense wat aan Vertraagde-slaap-versteuring ly se siklusse is egter langer in so ‘n vrye omgewing.  Tesame hiermee toon hulle vertragings in hormonale veranderings en veranderings tov liggaamstemperatuur, wat met die sikardiese ritmes saamhang, insluitend die vrystelling van melatonin,  wat slaap reguleer.  By meeste mense is daar ‘n verhoging in melatonin-vlakke teen ongeveer 9 of 10 uur saans. Dit gebeur egter eers teen ongeveer 2 of 3 uur in oggend by mense wat aan vertraagde slaapversteuring ly.

‘n Gesonde sikardiese ritme word gekenmerk deur ‘n aantal gene wat gedurende die 24-uur periode aan- en afgeskakel word. Die proteïn wat deur die CRY1-geen vervaardig word is verantwoordelik om sekere van hierdie genes te onderdruk gedurende bepaalde fases van die siklus.  By mense wat aan vertraagde-slaapversteuring ly veroorsaak die proteïn egter dat die genes aktief bly.

Mense wat aan vertraagde-slaapversteuring ly gaan ongelukkig nie in hierdie stadium regtig baat vind bv die navorsing nie.  Die oorsaak is nou wel bekend, maar daar bestaan nog geen kuur nie. Tans moet hierdie mense maar hul slaapsiklusse beheer deur by ‘n streng roetine te hou, en bed toe te gaan al voel hulle nog nie vaak nie.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1