Nuus Flitse

Te veel selfvertroue lei tot swak besluite

33194756 - parkinson's disease. cross-section of the human brain showing the substantia nigra, the region affected by parkinson's disease. illustration shows neuronal pathways that degenerate in parkinson's disease.Mense is geneig om te selfversekerd te wees wanneer hulle hul eie vermoëns en prestasie beoordeel. Gevolglik neem hulle swak besluite wat potensiëel rampspoedige gevolge het.

Navorsers aan Monash Universiteit en die Max Planck Instituut vir Menslike Kognitiewe en Brein Wetenskappe in Leipzig het ‘n studie onderneem om die verband te bepaal tussen oor-selfversekerdheid en swak besluitneming.

Die vrywilligers wat aan die studie deelgeneem het moes ‘n video kyk waarin ‘n persoon ‘n storie vertel, waarna hulle ‘n moeilike vraag daaroor moes beantwoord. Vervolgens moes hulle beoordeel hoe korrek hulle gedink het hulle antwoord was. Navorsers het dan bepaal hoe akkuraat die deelnemers se evaluering was, ‘n proses wat bekend staan as metakognisie.

Hoe meer selfversekerd die mense was, hoe meer aktiwiteit was daar in breinareas soos die striatum, ‘n deel van die brein wat met beloning verband hou. Daar is egter bevind dat te veel selfvertroue met laer metakognitiewe vermoëns verband gehou het, met ander woorde die deelnemers het die korrektheid van hul antwoord verkeerd beoordeel.

Die navorsers het tot die gevolgtrekking gekom dat terwyl selfvertroue gepaard gaan met ‘n belongings-komponent, dit tot oor-selfversekerdheid kan lei, wat dan swak besluite tot gevolg het.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1