Nuus Flitse

Koue winters hou sielkundige voordele in

29565663 - father and son shoveling snow together in a gardenBuitensporige koue winters wat gepaard gaan met ‘n daaglikse stryd teen berge sneeu en ys is veeleisend vir die sterkste mens. Tog vind Mark Seery, ‘n navorser aan die Universiteit van Buffalo wat in die hantering van spanningsdruk spesialiseer, dat dit baie voordelig kan wees. Mense wat hieraan blootgestel word leer om emosionele veerkragtigheid te ontwikkel sodat hulle negatiewe omstandighede beter kan hanteer.

Mense wat probleme moet oorkom is gewoonlik daarna beter toegerus om soortgelyke omstandighede te hanteer. Die voordele is nie beperk tot die hantering van die volgende sneeustorm nie, maar veralgemeen om ander bronne van spanningsdruk ook in te sluit.

Seery se navorsing het getoon dat wanneer ‘n persoon teenspoed ervaar het, hy daarna minder globale hartseer, minder funksionele belemmering en laer post traumatiese stress simptome ervaar.

Mark Seery het ook in ‘n ander navorsingstudie in 2010 bevind dat negatiewe ervarings meer aanpasbaarheid en veerkragtigheid kweek, wat voordelig is vir geestesgesondheid en algemene emosionele welstand.

Gee jou mening

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.


*


Agter
UA-87163025-1